|
Viva Walfish! ? die plek waar water in wyn verander word |
|
|
|
|
Thursday, 18 September 2008 12:02 |
|
‘n Hawedorp is niemand se speelmaat nie. Walvisbaai ook nie. Afgesien van die berugte hoere van elke hawedorp se dokke, word sulke plekke geassosieer met vreemde vragte wat op- en afgelaai word. Walvisbaai ook.
Toe ek op ‘n sonnige Februarie-oggend in 2005 die aankoms van die eerste Chinese goederetrein met sy kamera vasgevang het, was daar nie geleentheid om die Beijing-beauty van binne te inspekteer nie. Nou begin ek sien hoekom die Omugulugwombashe se blinknuwe ingewande ‘out of bounds’ was. Die ou luislang het glo dik gevreet hier aangekom met sommer ‘n hele rits gratis geskenkies weggebêre in sy weelderige kompartemente. G’n wonder vir my is daardie dag gesê ons kan nie binne-in kyk nie, want die deure maak nie oop as die trein nog nie aanmekaargeplak is in die werkswinkels nie. In die Chinese Bloutrein se geval was hy veronderstel om leeg hier aan te kom en vol passasiers sy eerste rit te onderneem. Hy kom toe vol hier aan en vertrek ook vol, maar nie vol passasiers nie. Vol geskenkies. In die geval van miljoene sigarette wat spoorloos verdwyn het, het die vraghouers vol in die hawe aange- kom en mos vol na hul eindbestemming vertrek. Die vraghouers kom toe vol hier aan, maar vertrek glad nie, want hulle is leeg voordat hul voorraad opgelaai en afgelewer kon word. Vol is leeg en leeg is vol? ‘n Hawedorp is ook ‘n plek waar snaakse dinge in die vis- en die vervoerbedryf gebeur. Of nie gebeur nie. Walvisbaai ook. Afgesien van die hele TransNamib wat in duie gestort het weens ‘n onwettige staking, raak elke bergingsgaatjie in Walvisbaai toe propvol. Die skepe daar buite die hawe is net so tot oorlopens toe vol. Al wat leeg is, is TransNamib se geldkofffers. Terwyl die staking meer as ‘n geraamde N$ 30 miljoen se besigheid vir TransNamib verlore laat raak het, staan die einste Omugulugwombashe toe regtig leeg buite Walvisbaai. Geen geskenke, geen passasiers en geen wiele nie.TransNoNamib? Vol van leegheid! Rössing het nou die dag op ‘n nuuskonferensie benadruk hoe belangrik swaelsuur in sy suiweringsproses is. In die oop-en-toe hawe van Walvisbaai lê die mynreus se besending toe ook onder die stakingskombers. Swaelsuur op die vuur? Vis en diamante bly maar ‘n mens se beste vriende Die stakers stel hul eise en maak nie somme oor die voedseltekorte wat in hul eie families gaan ontstaan as die vol skepe by die vol/lee Walvisbaai verbyvaar nie. Toe TransNamib private kontrakteurs maar kosbare voggies soos petrol padlangs binneland toe. G’n wonder mense wat nog die belangrikheid van diensverskaffing besef, het lankal besluit om nie hul goedere vir die boubedryf te TransNamib nie. Daar is ander maniere deur die woestyn. Dalk kan ons Regering nog ‘n ‘sagte lening’ met Libië aangaan om ons en ons kleinkinders van ‘n ononderbroke besending Gadaffi-kamele te voorsien? In die geval van die geskenkies uit die Ooste is ek bly om te sien die Chinks het besluit om sekere hoës se Krismispersente al in Februarie 2005 via hul trein te stuur. Die Regering hamer altyd op die belangrikheid van die groeinde sakevennootskap tussen Namibië en China en al die geskenke wat ons uit Beijing ontvang. ‘n Hele Omugulugwombashe vol persentjies as beloning vir die Regering se bystand in China se oorname in haas elke bedryf in Namibië! Ons het die afgelope jare kennis geneem van die ryk diamantmyn wat Namibië op ‘n skinkbord van oorlê Kabila ontvang het. Almal weet teen die tyd dat daai skinkbord toe glad nie so vol was nie. Walvisbaai het dit onlangs weer onderstreep toe die grootbaas van die Namibiese Visverbruikerstrust geskors is ná ‘n forensiese oudit by die maatskappy wat daarop dui dat vraghouers vol bevrore vis via Walvisbaai na die Demokratiese Republiek van Kongo uitgevoer is. Dit nadat die trust in die lewe geroep is om juis na die behoeftes van honger Namibiërs om te sien en uitdruklik verbied is om vis uit te voer. Twaalf mandjies Namibiese vis vir elke DRK-klippie? Sien die anderdag ‘n onderhoud met ‘n voormalige Namibiese ambassadeur in Libië wat vertel van die ander wonderwerk wat doer bo in Afrika gebeur het. Die Libiërs het volgens hom die grootste waterbron in die wêreld (meer as die ganse Nyl-rivier) ontdek en vervoer nou die water in pype met ‘n deursnit van meer as vier meter na enige plek. Uit sy praat het dit so al geklink of hy Namibië ook in gedagte het vir die gratis? watertoevoer. Ons het jare terug dieselfde strontstorie oor voorraad uit die DRK via die onmoontlike Sam Nujoma-highway gehoor. As daai Libië-water deur Walvisbaai ingevoer gaan word, is die kanse goed dat ons ook die dag sal beleef waar leë watervate in vol wynkruike verander. Viva, Walfish!, Viva Omugulugwombashe!, Viva TransNoNamib!
|